Sit die vye en die suiker in lae in ‘n kastrol en voeg die water by.
Verhit stadig en roer af en toe tot die suiker opgelos is.
Voeg ‘n stuk gekneusde gemmerwortel en 15 ml suurlemoensap vir elke 500 g vrugte by.
Kook verder, omtrent ‘n uur of tot dit reg toets op ‘n koue piering, en bottel dit warm.







