125 g koue botterblokkies
500 ml bruismeel
250 ml ligte bruinsuiker
Paar druppels yswater
250 ml fyn gesnipperde dadels
250 ml gekapte pekanneute
2 ml kaneel
1 eier, geklits
125 ml melk
Versiersuiker om oor te sif
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ‘n vierkantige pan van 20 cm x 20 cm. Voer uit met bakpapier en smeer weer. Vryf die botter by die bruismeel in en voeg suiker by. Voeg ‘n paar druppels yswater by en meng deur tot klam krummels vorm wat net-net aan mekaar begin vassit. Druk die helfte van dié mengsel in die pan vas. Voeg die dadels en neute by die res van die krummelmengsel, voeg ook die kaneel by en klits die eier en melk saam. Voeg laaste die melkmengsel by en giet oor die deegbasis. Bak 30 minute tot goudbruin. Laat afkoel, sif versiersuikersuiker oor, sny in blokkies en sit voor.
Lewer 25 – 30 blokkies.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans