CAROL SE PASTA SLAAI
500g pak driekleur skroefnoedels
1 groot soetrissie, gekap (ek vat gewoonlik al 3 kleure – lyk mooier!)
1 groot ui, gekap
250ml tamatiesous
25ml kerriepoeier
60ml blatjang
125ml kookolie
125ml bruinasyn
200ml suiker
sout en peper na smaak
Kook noedels in sout water tot sag en dreineer.
Meng res van die bestanddele baie goed saam en roer by die noedels in. Bêre in die yskas. Roer deur voor opdiening.
Wenk: Die slaai kan tot ‘n week in die yskas hou – hoe langer hy staan, hoe beter word die smaak!
Resep geplaas deur Carol Elliott Claassen








