
ANNE-LIESE SE PIESANG EN PEKANNEUT MUFFINS
100 g (178 ml) bruismeel
100 g (192 ml) volkoringbruismeel(nutty wheat high bran)
5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
100 g hawermout
3 ryp piesangs fyngemaak met ‘n vurk
1 groot eier geklits
75 g fyn amandels
75 g botter of margarine, gesmelt en afgekoel
125 ml appelsap
50 g pekaneute, gerooster en grof gekap
Voorverhit die oond tot 180°C. Sif die meel,bakpoeier, koeksoda saam in ‘n groot bak. Voeg die hawermout by. In ‘n ander bak meng die piesang, eier, amandels en botter/margarine goed. Voeg die piesangmengsel, appelsap en neute by die meelmengsels en meng tot dit ‘n klonterige beslag vorm. Plaas 12 papiervormpies in die holtes van ‘n muffinpan. Skep die beslag daarin, en bak vir 20 min of tot gaar. Sit dit op draadrak om effens af te koel. Die muffins is op hulle lekkerste terwyl hulle nog lou warm is
FOTO: Benhet Niewenhuis






