WINNIE SE GEMMERKOEKIES
Resep en foto: Winnie Jordaan
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie is ‘n maklike en vinnige gemmerkoekie resep en is heerlik…
500 ml bruismeel (240g)
250 ml suiker (200g – 1 koppie))
5 ml fyn kaneel
±20 ml fyn gemmer: (Of meer, hang af hoe sterk jy dit verkies)
3 ml koeksoda
150 g margarien
15 ml gouestroop
1 Eier (geklits)
Sif meel, suiker, kaneel, gemmer en koeksoda saam en meng goed.
Smelt margarien en stroop saam en roer in by meelmengsel. (Lyk asof te droog is)
Roer geklitste eier in.
Skep teelepelsvol op gesmeerde bakplaat. Dit sit uit, so nie te naby mekaar nie.
Bak by 180°C tot goudbruin (± 15 min).
Laat effens afkoel voor van plaat verwyder.








