VEGATARIESE LASAGNE MET KLAPPERMELK
3 eetlepels olyfolie
5 medium wortels gerasper
1 groot ui fyn gekap
2 stingels seldery fyn gekap
6 ryp tamaties ontskil en fyn gekap
1 eetlepel fyngekapte knoffel
3 vars lourierblare
5 stingels oreganum vars gepluk
100 ml organiese droë witwyn (van WW)
2 blikkies lensies (ongedreineer)
sout en peper
1 blik klappermelk
1 eetlepel koekmeel
‘n paar groot spinasieblare afgespoel
dun pampoenskywe liggies gekook
sprinkel neutmuskaat
1 koppie blomkool effe gestoom
1 koppie broccoli effe gestoom
handvol vars geplukte oreganum en tiemie
sprinkel paprika en gekapte oreganum vir garnering
Braai uie, seldery en wortel vir ongeveer 15 minute tot sag.
Voeg knoffel by en braai nog so paar minute.
Voeg tamaties by met lourierblare en oreganum.
Voeg ook wyn by (opsioneel).
Geur met sout en peper en prut oor medium hitte vir so 25 tot 30 minute tot lekker sag.
Voeg die lensies met die water by en prut verder tot geure goed gemeng en sous verdik het.
Skep ‘n dun lagie van die lensie-mengsel onder in ”n oondpan.
Pak nou ‘n laag spinasieblare bo-oor.
Volg met ‘n laag blomkool en broccoli (ek het dit in klein stukkies gebreek)
Geur intussen weer met ‘n bietjie sout en peper as jy wil en strooi gekapte oreganum en tiemie tussen in.
Maak die klapper melk effe dik met die koekmeel.
Skep 1 laag bo-oor die boonste lae wat gepak is.
Pak dan weer ‘n laag spinasie blare gevolg met ‘n laag pampoenskyfies en weer die lensie-mengsel.
Geur en strooi die gekapte oreganum en tiemie oor.
Giet die klappermelk bo-oor en garneer.
Bak so 30 minute.
Genoeg vir 6 groot porsies
Nou nie my idee van lasagne nie, laat weet as iemand dit gemaak het wat julle dink!
Resep en foto: Urban Herbs








