TUNAGEREG OF TUNAROL
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
5 ml witsuiker
2 ml sout
125 ml gerasperde kaas
125 ml sonneblomolie
125 ml melk
Sif die meel, bakpoeier, suiker en sout saam.
Voeg die kaas by en meng.
Klits melk en olie saam.
Sny dit met ‘n slaplemmes by die droë bestanddele in.
Druk die frummels aanmekaar om deeg te vorm.
Rol deeg op meelbestrooide werkplank uit in ‘n reghoek van 40 x 30 cm.
Vulsel:
2 blikkies tuna, gedreineer en gevlok
2 hardgekookte eiers, gerasper
gekapte ui
knoffel na smaak
tobascosous na smaak
sout en peper
mayonnaise om mee te bind
gekapte pietersielie vir bo-oor
Meng die tuna, eiers, ui, sout, peper, knoffel, tobasco en mayonnaise.
Smeer vulsel op die deeg en rol die deeg oorlangs soos ‘n rolkoek op.
Plaas in gesmeerde oondbak.
Sny die boonste lagie deeg soos brood met skerp mes, maar moenie skywe heeltemal deursny nie.
Bestryk die rol met melk en strooi pietersielie oor.
Bak 30 tot 45 min in voorverhitte oond by 180°C tot gaar en goudbruin.
Dien dit warm op.
Foto en resep: Gideon Louw









geskuif