


TUISGEMAAKTE JOGURT
Hierdie resep is baie baie oud, en vir ons wat nie jogurtmakers het nie, die resep werk baie goed
Gooi 2 liter kookwater in ‘n 5 liter emmer.
Voeg 4 koppies melkpoeier by (Green Country Posture by OK Basaar verkrygbaar of enige melkpoeier maar nie cremora nie, dit is nie melkpoeier nie))
Meng goed, voeg dan 1 ½ liter kraanwater,
175 ml gewone jogurt by. (Moet vars wees) roer goed, maak toe met ‘n kombers en laat staan vir 12 ure.
Na staantyd:
Los 2 pakkies jellie in 2 koppies kookwater op en roer tot goed opgelos. Voeg dan 1 ½ koppies suiker by. Roer goed. Gooi jellie by jogurtmengsel en laat staan in die yskas tot yskoud.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto: Bets Lourens






