TRUDIE SE KERRIE-EIERS
genoeg eiers om jou bottels vol te pak, hard gekook (Hou heel)
Sous
1,8 kg uie gesnipper
¾ bottel asyn
3 koppie suiker
3 eetlepel kerriepoeier
sout
Kook alles goed deur (die uie moenie pap gekook word nie) Verwyder van die stoof, laat afkoel en bottel warm en maak bietjie dik met mielieblom indien jy die sous dikker verkies,
Wanneer bedien word as ‘n slaai, kan die eiers halwes of kwarte gesny word, voor opdiening
Resep: Trudie Brand








