Braai saam in ‘n warm pan, skyfies chorizo worsies, feta kaas en broodblokkies. Gooi bietjie pietersielie en chives by. Sit in die voedsel verwerker en maak tot ‘n lekker pasta.
Neem ‘n gevlekte hoender, werk jou vingers onder sy vel in totdat die hele vel los is, smeer hierdie mengsel lekker onder die vel in. Gooi sout en peper oor die hoender, sit in oond pan vel kant onder en bak in die oond op 180 grade, draai hoender om na 10 min en bak verder tot lekker gaar en sappig.
Brineel du Toit









