

KORSLOSE SOUTTERT
Hierdie is die Eierraad se resep wat ek al die jare vir die Tuisnywerheid gebak het.
3 snye witbrood in blokkies
30 ml botter of margarien
500 ml melk
125 g spekvleis, gesnipper
2 koppies gerasperde kaas
1 ui, gekap
1 blik weense worsies, in wieletjies gesny
2 ml sout
5 ml mosterdpoeier
swartpeper, na smaak
4 eiers, geklits
25 ml pieterselie, gekap
paprika
Voorverhit die oond 180°C.
Verhit brood, melk en botter tot gesmelt. Laat afkoel.
Voeg res van bestanddele by en meng liggies.
Skep in ‘n oondbak of klein pannetjies.
Sprinkel paprika oor.
Bak 45 min tot goudbruin.
Kan ook in klein bakkies gebak word vir ‘n halfuur.
Resep geplaas deur Rheda Vreken
Foto: Rheda Vreken







geskuif