SJOKOLADE FUDGE EN ROOMKOEK
Smeer panne
Oond 180 grade C
Los 30ml kakoa in 240ml Lou water op (Los uit vir wit koek)
6 groot eiers geskei
500ml koek meel
250ml suiker
10ml bakpoeier-sif dit 3 maal
Gooi eiergele, 1/4 koppie olie, en kakoa mengsel bymekaar en meng goed en meng met droe bestanddele
Klits eierwit styf, voeg 5 ml bakpoeier en 1/2 teelepel sout by klits vir n rukkie tot ALS gemeng is.
Vou in by res met metaal lepel.
Ek het groter panne gebruik en vir net 25 minute gebak , maar as jy standaard panne gebruik 45minute tot 1 uur.
Room versiersel
250ml room styf geklop
200g sjokolade gesmelt en afgekoel en vou in by room met metaal lepel
Ek het klaar gemaakte sjokolade fudge versiersel gebruik maar karamel is lekkerder!
Versier koek met versiersel/karamel dan n laag room en dan herhaal op boonste laag! Enjoy!
Foto en resep: Barbara Bullock