

SJOKOLADE FUDGE EN ROOMKOEK
Smeer panne
Oond 180°C
Los 30 ml kakoa in 240 ml lou water op (los uit vir wit koek)
6 groot eiers, geskei
500 ml koekmeel
250 ml suiker
10 ml bakpoeier, sif dit 3 maal
Meng die eiergele, ¼ koppie olie, en kakoa mengsel goed saam en meng met droë bestanddele.
Klits eierwit styf, voeg 5 ml bakpoeier en ½ teelepel sout by en klits vir ‘n rukkie tot alles gemeng is.
Vou in by res met metaallepel.
Ek het groter panne gebruik en vir net 25 minute gebak, maar as jy standaard panne gebruik 45 minute tot 1 uur.
Room versiersel:
250 ml room, styf geklop
200 g sjokolade, gesmelt en afgekoel en vou in by room met metaallepel
Ek het klaar gemaakte sjokolade fudge versiersel gebruik, maar karamel is lekkerder!
Versier koek met versiersel/karamel dan ‘n laag room en dan herhaal op boonste laag! Enjoy!
Foto en resep: Barbara Bullock






