Sif die meel, kremetart en sout saam.
Vryf die 360 g botter in die meelmengsel tot dit krummelrig is.
Klits die eiergele liggies en meng dit met die sodawater. Sny die eierwater in die meelmengsel en meng tot ‘n hanteerbare deeg. Draai die deeg in botterpapier/cling wrap toe en sit ongeveer 15 min. lank in die yskas.
Smeer die olie liggies op die werksoppervlak en rol die verkoelde deeg dun in ‘n reghoek daarop uit. Let wel : Werk liggies met die deep – moenie dit rek deur te hard op die koekroller te druk nie).
Strooi die helfte van die gerasperde botter oor die deegreghoek. Vou die vier hoeke van die reghoek na mekaar toe soos die agterkant van ‘n koevert . Draai die deeg in botterpapier/cling wrap toe en sit dit vir 30 min. in die yskas.
Rol die deeg weer uit tot ‘n reghoek en strooi die orige botter oor. Vou die deegreghoek weer toe soos ‘n koevert, draai weer toe en plaas in yskas tot benodig.
Resep geplaas deur Louise Groenewald
(Henna Steyn)








