WILDSFRIKKADELLE
1 kg wildsmaalvleis
500 g gemaalde skaapstert vet
3 rou aartappels
2.5 ml fyn naeltjies
15 ml kerriepoeier
15 ml suiker
5 ml koljander
25 ml asyn
5 ml sout
1 ml peper
2 uie, in skywe gesny12.5 ml botter
250 ml beesvleisaftreksel
12.5 ml blatjang
Voeg droë bestanddele, asyn en blatjang by vleis, werk deur en maak bolletjies. Braai uie met botter in swartplatboom pot tot bruin. Plaas vleis bolletjies in swartpot, gooi vleis aftreksel by en prut oor stadige hitte tot gaar.
Eet te lekker!