
KONDENSMELK “VERE” BESKUIT
500 g botter
150 ml kondensmelk
50 ml melk
500 ml louwarm water
600 ml suiker
3 eiers
1 koekie suurdeeg
2,5 kg koekmeelblom
Smelt die botter in ‘n groot kastrol en voeg daarna melk en suiker by.
Verhit die mengsel totdat al die suiker gesmelt het en laat afkoel tot louwarm. Klits eiers en voeg by louwarm melkmengsel.
Krummel die suurdeeg in melk en eiermengsel.
Strooi 500 ml van koekmeelblom oor suurdeegmengsel en klits met vurk, maak kastrol toe en laat mengsel op warm plek om te rys.
Sif die res van die koekmeelblom in ‘n knieskottel.
Voeg suurdeegmengsel en 500 ml louwarm water by meel.
Meng en knie tot hanteerbare deeg.
Bedek skottel met kleefplastiek en los oornag op warm plek.
Smeer groot (diep) beskuitpanne met botter of vet.
Verdeel beskuitdeeg in drie, rol met palms van hande in bolletjies en pak in panne.
Laat nog rys.
Bak 50 min. lank in voorverhitte oond teen 180 ° C.
Droog beskuit twaalf uur lank by 100 ° C uit en verpak.
JOHAN N LOUW
*Ek het “kamma karringmelk” vir die resep gebruik en dit het heerlik uit gekom.






