

KARAMEL KRAKELING
Resep: Elda Lombard
FOOD LOVERS RECIPES
60 g sjokolade
175 ml kondensmelk
25 ml stroop
250 ml geroosterde grondboontjies
Smelt die sjokolade in ‘n swaarboom pan of kastrol.
Voeg die kondensmelk en stroop by die sjokolade en roer oor lae hitte totdat die mengsel die taaistadium bereik.
Voeg die grondboontjies by, meng goed en giet die mengsel in ‘n gesmeerde bakplaat of glasbak en druk die mengsel vas op die bodem.
Wanneer die mengsel effens afgekoel het, merk en sny dit in blokkies so groot soos verkies.
Breek die krakelinge in stukkies voor bediening.







Done