Ek het die resep en die kolwyntjie panne by my ma “gesteel”
500 gram margarine
6 koppies meel
2 koppies suiker
4 eiers
4 teeleplels bakpoeier
Vryf margarien in meel tot dit lyk soos mieliepap. Voeg suiker, bakpoeier en knippie sout by.
Voeg eiers by en meng tot stywe deeg. (Voeg melk by indien nodig).
Rol dun uit. Druk sirkels met ‘n glas so groot soos kolwyntjie panne.
Voer kolwyntjie panne uit.
Plaas 1 teelepel konfyt met vulsel bo- oor.
Vulsel:
8 eetlepels marg.
4 koppies suiker
11 eiers
8 koppies klapper
Room die margarien en suiker. Voeg eers die eiers by en dan die klapper. Meng goed en plaas genoeg bo-op die konfyt om die konfyt toe te maak.
Bak by 180°C.
Foto en resep: Leza Du Toit Mienie








