DADELBLOKKIES
250 g margarien.
1 kg dadels.
1 k suiker.
2 eiers.
3 pakkies mariekoekies 200g pakkies).
Klapper.
Sny dadels stukkend. Smelt marg,suiker en dadels saam op lae hitte tot sag. En haal van stoof af. Klits eiers goed en voeg by dadelmengsel. Voeg nou mariekoekies wat stukkend gebreek is by en meng goed. Skep uit in oondpan wat gesmeer is en maak gelyk. Sny in blokkies en strooi klapper oor. Sit in yskas