

CHIP-TOP VLEISPASTEI
Resep en foto: Gideon Louw
FOOD LOVERS RECIPES
Chip-top:
6 uie, gekerf
500 g maalvleis
410 g blik tamatie en uiesmoor
sout en peper na smaak
roosmaryn en olyfspeserye na smaak
pietersielie
1½ koppie pasta
2 eiers
1 pak Lays chips(swartpeper-geur) fyn gedruk
Braai 3 uie in n pot, voeg 500 g maalvleis by en verbruin.
Voeg dan 1 x 410 g-blik tamatie-en-uiesmoor by en geur met sout en peper, sowel as rosemary-and-olive speserye en pietersielie.
Kook 1½ koppie pasta en dreineer.
Karameliseer die ander 3 uie in ‘n ander pot.
Pak nou eers ‘n lagie pasta, dan lagie uie en dan maalvleis in ‘n vuurvaste skottel. Herhaal die lae.
Klits 2 eiers en giet bo-op. Maak ‘n pak Lays chips(swartpeper-geur) fyn en strooi bo-oor.
Bedek die skottel ligweg met foelie en bak in voorverhitte oond (170 ºC) vir 45 minute.






