BASIESE PIZZA-DEEG
Genoeg vir 6 pizzas
2 pakkies kitsgis (10g elk)
60 ml heuning
600 ml louwarm water (meer mag nodig wees)
1 kg witbroodmeel
60 ml olyfolie
10 ml sout
Los die gis en heuning op in ‘n klein bakkie louwarm water.
Plaas die meel op ‘n skoon oppervlak en maak ‘n holte in die middel.
Voeg die gis en heuningmengsel in die holte met ‘n vurk. Voeg sout by.
Meng goed om ‘n taai deeg te vorm.
Sprinkel meel oor jou hande en hou aan meng. Voeg water by indien nodig.
Maak seker dat al die meel in die deeg in gemeng is.
Knie die deeg vir vyf minute tot jy ‘n gladde, elastiese deeg het.
Vorm die deeg in ‘n bal, sprinkel dit bo-kant met meel en plaas in ‘n skoon bak.
Bedek die bak met ‘n nat vadoek en sit dit op ‘n warm plek om te rys.
Wanner dit in grootte verdubbel het, klop die lug uit deur dit te knie.
Rol in 25cm -sirkels uit en garneer na smaak
Resep gepplaas deur Joey Badenhorst Lotter







