

WRAPS VAN RSG
Resep gepos deur Dalene Brits
FOOD LOVERS RECIPES
4 koppies meel
½ teelepel bakpoeier
½ teelepel sout
3 eetlepels botter, olie, margarien of vet
1 koppie baie warm water (net onder kooktemperatuur)
Meng al die bestanddele baie goed.
Knie dit – die tekstuur moet elasties wees.
Maak okkerneutgrootte balletjies daarvan.
Druk dit plat en rol dit uit.
Gebruik ‘n baie warm kleefvryepan.
Plaas die deeg droog in pan (geen botter, ens.)
Braai 10 sekondes aan elke kant.
Moet dit nie opstapel nie.
Jy kan dit vries vir tot 3 maande.
Jy sal 16 wraps hieruit kry.
Vul dit met heerlike vulsels.
NOTA:
Die Wrap van Rsg werk wonderlik. Ek wil voorstel dat jy al jou vulsels eers gereed kry.
Dan maak jy deeg aan sommer in jou voedselverwerker, en terwyl dit warm is maak jy die balletjies en rol uit. Ek het nog ‘n bietjie water bygegooi totdat my krummels saamgekom het. Dit bak mos sommer vinnig. Ek het die oond oopgehou en die gaar wraps op die oondrak geplaas. Ek plaas ‘n foto van my wraps. Dit wat oorgebly het, het ek opgerol soos pannekoek en gevries. Sal nou sien hoe dit werk. -Dalene Brits







Done