
TAMATIE EN KNOFFEL SOUS
25 g botter of margarien
1 blik uie en tamatiesmoor
2 – 3 knoffelhuisies, druk dit pap met ‘n lepel of sny baie fyn
1 klein blikkie tamatie puree
185 ml hoenderaftreksel
1 teelepel origanum
1 teelepel suiker
Gooi alles bymekaar in ‘n pan en bring tot kookpunt.
Laat prut vir sowat 5 minute oor matige hitte.
Plaas nou die frikadelletjies in jou kaserol, bak en gooi die sous oor.
Maak die bak toe en bak vir 1 uur.
Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie






