MAKLIKE SJOKOLADE OLIE LAAGKOEK
5 ekstra groot eiers
310 ml suiker
200 ml water
200 ml olie
500 ml koekmeel
50 ml kakao
2 ml sout
5 ml koffiepoeier
20 ml bakpoeier
Voorverhit die oond tot 190 grade C.
Spuit twee 24 cm laagkoekpanne liggies met Spray en Cook.
Skei die eiers.
Klits die eiergele, suiker, water en olie saam vir 5 minute.
Sif die koekmeel, kakao, sout en koffiepoeier oor die mengsel en klits weer vir ‘n verdere 3 minute.
Vou die bakpoeier hierby in.
Klits die eierwitte styf en vou dit by die beslag in.
Verdeel die beslag tussen die twee koekpanne en bak die koek vir 30 minute.
Wanneer die koek uit die oond kom, maak die kante los en laat dit in die panne koud word voor dit uitgekeer word.
Versier soos verkies.
NS>>>
Ek het versiersuiker lekker pof aangemaak en bo-op en rondom die koek gesmeer. Sjokolade gerasper en ook bo –oor gestrooi.(MARIANA )
Foto en resep geplaas deur Mariana Cassie Carosini








