50 ml. Margarien
100 ml. Suiker
2 ml. Gerasperde4 lemoenskil
1 medingroot eier
250 ml. Koekmeel
3 ml. Koeksoda
6 ml. Kremetart
1 ml. Sout
100 ml. Lemoensap
5 ml. Suiker
0,5 ml. Fyn kaneel
Lemoenstroop
100 ml. Suiker
250 ml. Lemoensap
5 ml. Gerasperde lemoenskil
12,5 ml. Margarien
Meng deeg. Bak poeding vir 25 – 30 minute by 180° C.
Kook stroop en giet dadelik oor as uit die oond kom.
Bedien met vla.
Resep: Bokkie En Anita Marais
Lemoenpoeding met sous
Marisa Visagie van Noordwes het vir ons dié eenvoudige dog heerlike resep gestuur. Dis haar staatmaker vir familiebyeenkomste en Sondagmiddagetes, want dit is altyd ’n wenner.
GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 30-40 min.
VLA
250 ml (1 k) water
250 ml (1 k) suiker
sap en skil van 1 lemoen
45 ml (3 e) vlapoeier
45 ml (3 e) koue water
KOEK
1 eier
125 ml (½ k) suiker
250 ml (1 k) meel
5 ml (1 t) bakpoeier
’n knippie sout
30 ml (2 e) botter, gesmelt
125 ml (½ k) melk
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondvaste bak van 23 x 13 cm.
Vla Kook die water, suiker, sap en skil in ’n kastrolletjie.
Meng die vlapoeier en koue water en voeg dit by die suikerwater terwyl jy klits tot dit verdik. Verwyder van die hitte.
Koek Klits die eier en suiker tot bleek. Sif die meel, bakpoeier en sout in en meng deur met ’n spatel.
Voeg die gesmelte botter by en meng. Voeg die melk by en meng deeglik.
Giet die vla in die bereide bak.
Giet die koekmengsel oor en bak 30-40 min. of tot dit goudbruin is en ’n toetspen skoon uitkom.