LEMOENHEERLIKHEID
26 malvalekkers
¾ koppie water
1 suurlemoen se skil
3 lemoene se sap
1 koppie room, styf geklop
Verhit die water in ‘n dubbelkoker en voeg die lekkers by. Verhit tot die lekkers gesmelt is en laat afkoel
Voeg die sap en skil by. Voeg geklopte room by en plaas in yskas om te stol.
Resep gepos deur Rina Kleinhans
Hierdie resep het nou vir my vandag ore aangesit omdat ek die water misgelees het, maar ek het dit reggekry!
My advies is: verhit die lemoensap in die mikrogolf en voeg die malvalekkers by. Mikrogolf weer tot die malvalekkers gesmelt is. Klits goed.
Kan ‘n koekiekors maak indien verkies.
Foto: Wayne Dugmore









