Hierdie koek kom uit SWA,ek het gedurende die 70’s gewerk waar die koek omtrent al die mense in die groep se kantore die gunsteling was!! Mense dit is HEERLIK!!
550ml (ongesif) koekmeel,
375ml suiker,
15ml bakpoeier,
2ml sout,
125ml kookolie,
5 eiergele,(ekstra groot eiers)
gerasperde skil 2 medium lemoene
200ml lemoensap,
250ml eierwit (8ekstra grt eier witte),
2ml kremetart
VERSIERSEL : 175ml suiker
3eiergele,
12,5ml gelatien,
125ml kookwater
125ml lemoensap,
5ml gerasperde lemoenskil,
250ml vars room.
1 blikkie ingedamptemelk (oornag verkoel in yskas)METODE : Stel oond op 160 grade C, Smeer of spuit tuitpan (25cm deersnee 10cm diep). Sif koekmeel suiker,bakpoeier,sout saam in groot mengbak.Maak holte in middel,gooi die volgende bestanddele daarin:
kookolie,heel eiergele,lemoenskil en sap. Klop tot glad.Klits eierwitte en kremetart totdat stywe punte vorm,en dit aan bak vaskleef as die onderstebo gehou word.Vou eiergeel mengsel met metaallepel liggies in by eierwit. Gooi in pan en bak 60-65minute in middel van oond.Keer uit laat afkoel.
VERSIEREL: Klits. Suiker en eiergele tot liggeel en sponsagtig dik.Los gelatien in kookwater op en meng met eiergeelmengsel. Roer ook die lemoensap en skil by. Verkoel tot mengsel net begin stol.Klits room en ingedamptemelk afsonderlik tot styf en vou by eiermengsel in Smeer oor koek en verkoel. Lewer een groot ringkoek.