Braai 2 middelmatige uie in 2 eetlepels olie [Moenie aanbrand nie]
Hou eenkant
In ‘n Kastrol plaas daarin:
3 eetlepels koekmeel
1 eetlepel botter
1 teelepel borrie
½ teelepel kerrie
knippie sout en peper
Laat dit smelt en meng goed. Roer gedurig. Voeg by 2 koppie water[of melk] en klits. Laat dit kookpunt bereik en voeg 1 eetlepel suiker en half koppie asyn by.
Hierby voeg ek 2 teelepels Appelkooskonfyt en 2 teelepels lekker sterk blatjang.
Voeg die gebraaide uie by.
Skep dan klaargekookte rys in n bakskottel en plaas jou gekookte eiers bo-op[ druk in].
Skep nou die sous oor die eiers en plaas vir so 10 min in jou oond [jy kan as jy wil so hier en daar ‘n paar klontjies bottter bo –op plaas wat dan sal in jou rys in trek.