
JOODSE KAASKOEK
Vir die tertkors meng jy die volgende:
150g Mariebeskuitjies, fyngemaak
125g margarien, gesmelt
15ml suiker
Voer ´n tertbak hiermee uit.
Meng:
2 houers roommaaskaas
125ml room
3 ekstra groot eiers
200ml suiker
5ml vanieljegeursel
Gooi die vulsel in die kors en bak teen 180ºC. Bak 15 min. Verlaag temperatuur tot 150 celsius , bak dit dan n verdere 15-20 min. Skakel oond af, laat oond deur op n skrefie oop en laat die kaaskoek in die oond afkoel. Plaas na afgekoel is in yskas om goed koud te word.






