4 kg aartappels
2 potte mayonaise
1 blik kondensmelk
3 groot uie, gekap
Skil en sny aartappels in blokkies,kook in water met sout in.
Belangrik: moenie aartappels te sag kook nie, maar NET gaar.
Staan maar die rukkie en toets jou aartappel blokkies. Gooi water af.
Gooi mayonaise, kondensmelk en uie in ander kastrol en verhit, moenie kook.
Gooi aartappels by die warm mayo mengsel, roer deur en bottel warm.
Die bottels kan tot 2 maande op ‘n koel plek gehou word.
Foto deur Elize Nel Hayward








