

HEERLIKE ANYSBESKUIT
(Lewer 65 beskuite)
8 koppies koekmeel
sout
40 ml bakpoeier
2 koppies suiker
4 pakkies anys
400 ml botter
4 eiers
300 ml melk
Sif al die droë bestanddele saam en voeg die anys by. Vryf botter met hande in die meelmengsel in.
Klits eiers en melk saam en meng met droë bestanddele.
Druk in beskuit pan. Sny met snyer en bak vir 60 min by 180ºC.
Resep: Benhet Nieuwenhuis.
Foto: Cecilia Woest Hunwick






