GRANADILLA VORM
115 g granadillamoes
200 ml kookwater
1 blikkie kondensmelk, of minder na smaak
200 ml koue water
1 pakkie suurlemoenjellie (80 g)
125 ml room, styf geklits vir versiering
Los jellie op in kookwater.
Voeg koue water by en laat gedeeltelik stol.
Voeg kondensmelk en granadilla by. Meng goed.
Gooi in vorm en laat stol.
Bedien met styf geklopte room as versiering.
Foto: Rina Kleinhans
Ansie Mitchell Rowe
Ek maak dit met ‘n blikkie fyn pynappel, in plek van granadilla, ook baie lekker.