GERDA SE APPELLIEFIE TERT
Hier is ‘n baie beproefde resep wat ek met sukses met allerhande soorte bessies gemaak het. Appeliefies Youngbessies,Aarbeie en selfs koejawels (gesnipper).
1 blik Ideal melk verkoel tot yskoud
1 blik Appeliefies
Knippie sout
3 groot eetlepels vlapoeier
3 eetlepels suiker
Kook stroop en gooi genoeg water by om 2 koppies te maak.
Maak vlapoeier , suiker en sout aan met bietjie water, voeg by stroop en roer tot dik. Laat afkoel (heeltemal) en roer die styfgeklopte Ideal by. Voeg bessies stadig by.
Doop Tennisbeskuitjies VINNIG in melk en pak in bak. 20cm by 20cm Pyrex werk goed.
Smeer karamel kondensmelk oor en sit tertmengsel op. Versier met geklopte room. ‘n Bakkie roomkaas by die tertmengsel maak dit nog meer besonders.
RESEP: Gerda Potgieter
Foto: Arina Van Tonder