BELINDA SE LEMOENKOEK
1 1/2 k. meel
1 koppie suiker
3 eiers
1 1/2 t. bakpoeier
2 eetlepels botter
3/4 k lou melk
knippie sout
Room botter en suiker, voeg eiers by, sif droë bestandele by en roer melk in. Bak ± 25 minute op 180 °C.
SOUS
1 koppie suiker
1 koppie lemoensap (Ek het gekoop want jy moet baie lemoene uitdruk om ‘n koppie vol te kry)
1 koppie water
2 eetleps botter
gerasperde lemoenskil
Kook alles saam en gooi kokende stroop op warm koek.
Foto en resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie
Vriendin belinda se resep








