WRAPS
Resep: Brineel Du Toit
FOOD LOVERS RECIPES
2 koppies meel
7.5 ml bakpoeier
5 ml sout
10 ml kookolie
225 ml warm melk
Sif droë bestanddele saam.
Meng warm melk en olie saam. Meng nou droë en nat bestanddele saam tot ‘n stywe deeg gevorm het.
Knie deeg goed vir 4 – 5 minuute. Maak deeg toe en laat staan vir ongeveer 20 minuute.
Sny deeg in 8 ewe groot dele en rol baie dun uit met ‘n koekroller, dit moet naastenby rond wees.
Smeer ‘n pan met olie (gebruik sommer papierhanddoek) en laat warm word, sodra die pan warm is kan jy dit begin bak.
Dit gaan blase maak op die tortila (draai dit dan om), bak ongeveer 1 minuut per kant, hang af van jou pan se hitte (Verkieslik medium hitte).








