VRYHAND MAKLIKE PANNEKOEK
Ek maak so:
Vir elke koppie koekmeel gebruik ek ‘n 1 eier, 1 eetlepel kookolie en ‘n knippie sout. Ek meng eers die meel en die sout, klits die eier en die kookolie saam en hou die meng beker (‘n groot beker met ‘n tuit) ONDER die LOPENDE koue kraan en meng dan my deeg met my groot whisk totdat ek “voel” dit voel soos dikroom.
DAN WEET EK DIS REG!
Ek smeer my SPESIALE pannekoek pan net een keer met ‘n olieservet en bak dan my pannekoek op ‘n MEDIUM hitte.
Probeer dit en sê of jy daarvan hou of nie asb?
Ek het al STAPELS pannekoeke op die manier gebak en dis NOOIT ‘n flop nie – nie eers die eerste een nie!
Resep en foto: Wilma Josey Venter








