VLASKYWE
1 pak (200 g) Cream Cracker beskuitjies
1 liter melk
200 g (250 ml) suiker
50 g (60 ml) botter of margarine
60 g (120 ml) koekmeelblom
50 g (100 ml) mielieblom
10 ml vlapoeier
2 ml sout
100 ml koue water
3 eiers, geskei
5 ml vanieljegeursel
500 ml versiersuiker, gesif
sowat 40 ml kookwater
Smeer ‘n vlak glasbak van 25 x 35 x 5 cm, of bespuit met nie-kleefmiddel.
Pak 15 beskuitjies in rye van 5 x 3, sorg dat die halveringslyne van die beskuitjies almal in dieselfde rigting lê
Verhit melk in ‘n groot kastrol toto kookpunt.
Voeg suiker en botter by en roer tot gesmelt.
Haal van stoof af.
Meng koekmeelblom, mielieblom, vlapoeier, sout en koue water deeglik tot ‘n pasta.
Voeg eiergele by en klits goed.
Klits van die melkmengsel geleidelik by pasta.
Gooi pastamengsel terug by die res van melk in kastrol, roer aanhoudend oor lae hitte en kook sowat 5 minute tot dik.
Haal van die stoof af en roer vanielje by.
Klits eierwitte tot sagte punte vorm.
Vou eierwitte liggies in vlamengsel in.
Gooi warm vla oor bekuitjies in bak.
Bedek met nog 15 beskuitjies, sorg dat die halveringslyne in dieselfde rigting is as die onderste laag s’n.
Laat afkoel.
Meng versiersuiker en kookwater tot ‘n smeerbare versiersel.
Gooi stadig oor kraakbeskuitjies en smeer gelyk.
Hou in die koelkas tot benodig.

Resep en foto: Annelie van der Merwe-Kruger