TAAI HOENDER VLERKIES EN NEKKIES
125 ml sojasous 45 ml heuning 2 knoffelhuisies, gekneus 60 ml soet brandrissiesous 80 ml suurlemoensap 30 ml gekapte vars koljander 12 – 16 hoendervlerkies
Meng alles behalwe die hoender in ‘n groot pan of ‘n plat kastrol. Plaas die hoendervlerkies in die mengsel en verhit oor matige hitte tot die mengsel begin kook. Verlaag die hitte en laat prut sowat 20 minute tot die hoender gaar en gekaramelliseer is. Draai die vlerkies een of meer keer tydens die gaarmaakproses om sodat dit egalig karamelliseer. Garneer met gekapte pietersielie en sit dit voor met gebraaide aartappelwiggies.
Foto: Adam Cloete
Adam Cloete
Arm mans garnale. Ek het die hoendernekkies met die taai sousie gaargemaak en toe met sous en al in die oond geplaas vir ‘n ruk om bietjie te braai.
DISCLAIMER: BY SUBMITTING CONTENT TO THIS WEB SITE, YOU ACKNOWLEDGE AND AGREE THAT THE TERMS AND CONDITIONS STATED IN THIS POLICY APPLY TO YOUR INTERACTIONS WITH ANY WEB SITE COMMUNITY AND THAT GOOD AND VALUABLE CONSIDERATION HAS BEEN PROVIDED TO YOU. IF YOU DO NOT AGREE WITH THESE TERMS AND CONDITIONS, DO NOT SUBMIT CONTENT TO THIS WEB SITE OR OTHERWISE ACCESS ANY COMMUNITY FEATURES ON THIS WEB SITE.