

SOET-SUUR HOENDER
Resep: Maureen van Jaarsveld
Foto en aapassings: Rina Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
4 hoenderborsies in blokkies gesny
gegeurde koekmeel
kookolie vir braai
Terwyl hoenderstukkies (gerol in gegeurde meel) vinnig bruin braai, (skep uit) meng die volgende en verhit tot amper kookpunt:
9 eetlepels suiker
3 eetlepels tamatiesous
3 eetlepels worcestersous
3 eetlepels blatjang (opsioneel)
1 ½ koppie water
1 koppie asyn
Plaas die gebraaide hoenderblokkies in ‘n pot op die stoof.
Giet die sousmengsel oor die hoenderstukke en “kook” oor lae hitte tot sous lekker dik is en hoender gaar.
Ek het die volgende aanpassings gemaak en dit het heerlik gekom:
Sny 1 groot wortel in repies en 3 “gerkins” in stukkies, voeg saam met ‘n klein blikkie fyn pynappel by die sous.






