

PYNAPPEL MOUSSE KOEK
Bak enige beproefde koek resep van jou keuse
Vulsel : genoeg vir 2 koeke
1 blik koue ideal melk styf geklits
1 blik pynappelringe gooi sap af en verhit effe in mikrogolf meng met 1 pakkie pynappel jellie.
meng goed tot opgelos laat effe afkoel strooi nou 1 t. gelatien oor.
Laat staan tot heeltemal afgekoel. Maak solank pynappelringe fyn hou twee uit vir versiering bo op. Meng die fyn pynappel en jellie mengsel als by geklitse ideal melk in.meng goed deur. Ek het ook room styf geklits met bietjie vanielje en versiersuiker. Smeer pynappel mousse en room binne en bo op koek. Kan ook pynappelmoes klaar koop maar ek verkies die ringe want daar is bietjie sap wat saam die jellie gemeng word en dan kan jy mooi wiggies sny vir bo op ook.
Foto en resep: Brunhilda Venter






