PAMPOENKOEKIES IN DIE OOND
125 g sagte botter/margarien
200 ml suiker
3 eiers
1 koppie (250 ml) koekmeelblom
15 ml bakpoeier
2 ml sout
3 koppies (750 ml) gaar fyn pampoen
5 ml vanieljegeursel
fyn kaneel
Sous
4 eiers
1 koppie (250 ml) water
1 koppie (250 ml) suiker
knippie sout
1 opgehoopte eetlepel maizena
½ koppie (125 ml) suurlemoensap
Verhit oond tot 180°C. Klits botter, suiker en eiers saam. Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Meng dit by die eiermengsel. Voeg fyn pampoen (koud of warm) en vanieljegeursel by. Meng goed deur. Skep mengsel in gesmeerde muffinpannetjies. Bak tot gaar. Laat staan om af te koel. Meng al die bestanddele van die sous saam. Kook die sous oor matige hitte en roer gedurig tot dikkerig. Skep lepelsvol oor die gaar pampoenkoekies en besprinkel met kaneelsuiker. Die pampoenkoekies vries baie goed. Die sous kan in yskas gebêre word om weer te gebruik.
Marie Rheeder Troskie








