LEMON MERINGUE CUPCAKES
Bak vanilla kolwyntjies en skep met ‘n lepel die magie van elkeen uit en sit die proppies wat uitgeskep is, langs elke koekie.
Meringue vulsel:
1 blikkie kondensmelk
lemon curd
Neem die blikkie kondensmelk en roer die lemon curd teelepeltjies gewys by totdat die kondensmelk mooi styf en suur is.
Skep ‘n lekker lepel vol in die gaatjie van elke kolwyntjie en plaas die proppie koek wat uit geskep is, terug daarop.
Feestelike versiersel:
Hier moet julle my vergewe ek is Afrikaans en Engels getroud en nou dink en praat ek deurmekaar met die tale.
300 g strooisuiker
75 ml water
2 eierwitte
1 ml kremetart
paar druppels kleursel, indien dit verlang sou word
Berei ‘n double boiler potjie voor om die mengsel op te klop.
Klits die eierwitte, water en kremetart styf.
Voeg suiker bietjies gewys by terwyl jy dit klop vir 7 minute lank om ‘n lekker sponserige room te verkry.
Klits dan voedsel kleursel by indien jy dit nie wit wil hê nie.
Skep nou die skuimmengsel op die kolwyntjies en neem jou burner om die punte van die skuim ‘n goue bruin voorkoms te gee.
En so lyk dit eg soos die ware jakob.
Die mengsel is gaar en hoef nie weer te bak nie, want die kolwyntjie gaan te hard wees as dit terug oond toe gaan.
Resep en foto: Emelia Lans-Brown