KERRIEVIS EN GROENTE MUFFINS
(Vinnig en baie lekker)
12 Muffin pan
MENG TOT SLAP DEEG:
125 ml melk
125 ml kookolie
1 groot eier
250 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
1 ml sout
1 blikkie kerrievis fyngemaak
2 koppies gemengde gaar groente
Skep deeg in muffin pan en skep Kerrie vis en groente bo-op.
Bak vir 15 min by 200 grade C
Ek het paprika oor gestrooi , kan kaas ook oor rasper
RESEP EN FOTO: HEIDI ROWE









