
KALAHARIE KERRIEHOENDER
8 groot hoenderdye (of enige snitte van keuse)
2 groot uie, in ringe gesny
1 pakkie soppoeier (enige geur wat kerrierig is bv Vegetable curry, Chakalaka ens)
2 eetlepels sterk kerrie
2 teelepels borrie
½ koppie blatjang
3 eetlepels mayonnaise
3 eetlepels appelkooskonfyt
½ koppie donker asyn
1 koppie Tropical Fruit Liqui Fruit sap
1 koppie room
1 koppie melk
Stel oond op 180°C.
Pak uie onder in braaibak.
Pak hoenderstukke bo-op.
Meng die res van die bestanddele behalwe melk.
Giet oor hoender en uie.
Plaas in oond vir ongeveer 2 ure of tot sappe van hoender helderkleurig loop as met mes gedruk word.
Hou die sous elke 30 min dop.
Indien die sous baie dik voorkom kan die melk bygevoeg word soos nodig.
Pak hoender in opdienbak en skep uie bo-oor.
Skep klomp van die sous oor die hoender en “Grill” die honder tot dit donkerbruin is.
Dit lyk of die hoender maklik brand maar dit is net die sous wat so vinnig verkleur.






