HOENDERPASTEITJIES MET TUISGEMAAKTE SKILFERKORS
2 kg hoender borsies met been en vel (ek gebruik dit, maar jul kan ander hoender ook gebruik)
Kook hoender gaar en sag in ‘n bietjie water en bietjie sout, met een hoender blokkie en bietjie hoender speserye.
Sodra gaar, skep onmiddelik uit die sous en laat afkoel en snipper. Skep gesnipperde hoender terug in die sous en verdik met cream of chicken soppoeier. Jy kan ook sampioen soppoeier gebruik of die 2 meng.
Pasop om die hoender met te veel sout te kook, aangesien die soppoeier en die hoender blokkie sout bevat.
Ek gebruik nie die hoendervelle in die pasteie nie, maar kook wel die hoender daarmee.
SKILFERKORS DEEG:
900 g koekmeel
400 ml water (yskoud)
15 ml asyn
3 eiergele (ek hou die eiers ook in die yskas, sodat dit lekker koud is)
500 g margarien( koud)
250 g margarien ( koud)
Meng die meel en die margarien. Ek rasper die koue 500 g margarien bo-op die meel en vryf dit met die vingers in tot dit soos growwe mieliemeel lyk. As ek lui is, gooi ek dit in die klitser en laat hy die werk doen.
Meng die water, eiergele en asyn en voeg by die meelmengsel. Knie tot dit van jou hande loskom.
Ek hou gewoonlik ‘n bak yswater langs my en as ek voel dat my hande te warm word, druk ek dit daarin.
As dit klaar geknie is, sit in ‘n plastiek sak en sit in die vrieskas vir ‘n halfuur.
Dan kom die smeer proses. Strooi klein bietjie meel op werksoppervlak en rol die deeg ongeveer tot 1 cm dik uit
Gebruik nou die 250 g margarien en rasper die helfte daarvan op 2/3 van die deeg.
Hou die boonstste 1/3 oop. Vou nou die boonste gedeelte tot in die helfte van die deeg en dan die onderste helfte bo-oor die boonste gedeelte. Rol deeg effe plat en draai dit, sodat die naat wat oop was, teen die kant is.
Rasper die res van die margarien weer op 2/3 van die deeg en herhaal die vou proses.
Rol effe platter en laat die deeg oornag rus in die yskas of ongeveer ‘n uur en ‘n half in die vrieskas.
Daarna is deeg reg om gebruik te word.
Hoop jul kom reg.
Se maar as ek stap vir stap se fotos van die deeg moet opsit. Dit is nogal ‘n werk.
VARIASIE OP HOENDERPASTEI
Ek gebruik die hoendervulsel en voeg gerasperde kaas by en bak soos gewoon weg of ek maak ‘n hoender mayo vulsel aan en bak dit daarmee
Foto en resep: Tracey van Zyl









geskuif