HEEL INGELEGTE GROEN VYE
Ek gee dit net soos die tannie dit vir my gegee het:
1. Pluk die vye as dit mooi uit geswel is, maar nog nie te groot nie. Die blommetjie op die vy se bassie moet nog nie oop wees nie. Liefs voor die 10 de oktober as dit nie n baie koue jaar was nie.
2. Weeg die vye en skryf die gewig neer.
3. Sny steeltjies in mooi skerp punte soos jy n stok sou skerp maak. Sit dit dan oornag in n skottel wat 2 eetlepels sout vir elke 50 vye.
4. Was dit die volgende oggend af en sny ‘n kruisie deur die blommetjie op die bssis van die vye.
5. Kook nou jou vye tot sag in genoeg water met ‘n lekker skoot blou viterjoel in die water (so 10 ml op elke 2LT water) om die vye mooi groen te laat vertoon in die bottle anders raak dit bruin.Hou jou pot se deksel op.
6. As die vye sag is sal die agterkant van n vuurhoutjie maklik deur die vel van die vy glip.
7. Dreineer nou die water af en dryneer die vye baie goed. Druk elke vytjie saggies om van oortollige water ontslae te raak.
8. Kook stroop:
1 pond suiker en 2 koppies water vir elke koppie suiker. Voeg dan ‘n halwe teelepel Aluin kristalle (by die apteek beskikbaar) by elke mengsel stroop om suiker sand te vermy.
9. Waneer die stroop kook sit jou vye een vir een by en kook stadig met ‘n skuins deksel op die pot. Sowat 2 tot 3 ure . As die stoop min word gooi kookende water bietjies by om aan te vul soos die kooksel aan kom. Die skuins deksel verhoed dat die stroop te gou weg kook.
10. Dit hoef nie warm gebottel te word nie, maar maak seker jou bottels is sterile skoon om muf ens. te voorkom. As jou stroop nie genoeg is nie kan jy nog by kook of jy kan die vye vries in ‘n roomys bak. Dit vries heerlik.
Hierdie is my vriendin wat reeds oor die 70 is. Lief jou BT Coetzer.
Sy het my so baie geleer.
Resep geplaas deur Emelia Lans Brown








