

GESTOLDE KOMKOMMERSLAAI
Dit is heerlik en so lekker lig en koel saam met die vleise gewees.
1 pak groenpruimjellie
125 ml kookwater
250 ml mayonnaise
250 g gladde maaskaas
2 gewone komkommers, grof gerasper en gedreineer
1 uitjie, gerasper
10 ml suurlemoensap
sout en peper na smaak
Los die jellie in die kookwater op en laat afkoel. Voeg res van bestandele by en meng.
Gooi in ‘n vorm wat met koue water uitgespoel of met kookolie gesmeer is en laat stol in die yskas.
Keer uit op slaaibord en garner met blaarslaai, beetblokkies, soetrissierepies, tamatiewiggies of wat ook al beskikbaar is.
Resep geplaas deur en foto: Elsa Van Antwerpen Kleinhans






