GEBAKTE BOTTERSKORSIE
1 botterskorsie in blokkiesgesny, so 2cm by 2cm
1 pakkie murgpampoentjies, in so 2cm stukkies gesny
1 bakkie sampioene, as dit groot is sny middeldeur
1 pakkie wituiesop
1 botteltjie, 250ml room
Sit al die gesnyde groente in ‘n oondpan met ‘n deksel, strooi die soppoeier netso droog oor en giet die room oor alles.
Spoel die room houertjie met so halfvol water uit en giet ook bo-oor.
Laat bak vir so uur by 180 ºC, as dit baie souserig is haal die deksel vir die laaste 10 minute af, roer net voor opdien. Jy kan ook gerasperde kaas oorstrooi.
Baie lekker.
Resep geplaas deur Gerda du Plessis
Nota: Magdil Roos Dekenah – ipv marrow het ek gesnyde spinasie met my botterskorsieblokkies gemeng. Nie sampioene ingesit nie. Wel ook ui, bruinuiesop en room soos die resep sê en dit is ook heerlik