EXPO KAASKOEK 1960 (DRIEHOEK)
125 g sagte Botter
100 g suiker
1 eier
250 g roomkaas
10 ml vanilla geursel
1 pak tennisbeskuitjies
1 blok donker sjokolade
Room botter en suiker baie goed en voeg dan die eier by. Voeg room kaas en vanilla by. Meng goed. Pak 12 beskuitjies soos in skets op n vel foelie. Smeer ongeveer n derde van die vulsel op eerste laag beskuitjies. pak tweede laag nou daar bo op en smeer die res van die vulsel bo op.
Pak jou rooi en groen kersies in n ry soos op die skets beskryf.
Vou nou die die buitenste koekies na mekaar met die foelie om ‘n driehoek te vorm. Druk die form mooi reg en bind toe met foelie en vries.
Om op te dien sny in skyfies en hou in vrieskas en haal uit soos jy dit nodig kry. Laat staan vir so 10 min afhangende van hoe warm die dag is en bedien. Gewoonlik haal ek dit uit en sit dit in die bordjies teen die tyd dat ek tee bedien is die driehoek kaas koek ook gereed om te eet.
Bron: Emelia Lans-Brown (Melk raad)
Foto: Venita Van Wyk










geskuif