DRIE BESTANDDELE KOLWYNTJIES
6 eiers, geskei
1 koppie bruismeel
1 koppie suiker (ek het strooisuiker gebruik)
Skei eiers, gooi ½ koppie suiker by wit en ½ koppie suiker by geel.
Klits wit van eiers baie goed, (amper tot styf) en klits dan geel baie goed.
Gooi bymekaar en voeg meel bietjies gewys by, terwyl jy klits.
Sit in cupcake of kolwyntjie panne en bak in oond by 180º C vir 12 min.
Die geheim van hierdie beslag is dat dit baie baie goed geklits moet word, klits die eierwitte baie goed styf.
Foto: Floraine Wasserman Venter








