BRUINBESKUIT
(Heerlik)
1 kg bruismeel
5 x 250 ml semels
4 x 250 ml Cornflakes
250 ml strooisuiker
500 g margarien
15 ml bakpoeier
1 ml sout
500 ml karringmelk (Amazi)
2 eiers
Meng margarien en meel.
Voeg res van die droë bestanddele by.
Klits eiers en melk saam en voeg by.
Maak bolletjies en sit in gesmeerde panne.
Bak 45 – 60 min by 200°C.
Laat effens afkoel, sny en droog uit in oond teen 100°C oornag of tot goed droog.
Rina Kleinhans
Foto: Benhet Nieuwenhuis







